Original Articles

Die invloed van aantal kampe en veegetalle op diereproduksie en veld toestand


Abstract

Vier wisselweidingstelsels met 3, 6, 12 en 18 kampe per kudde wat varieer van stadige seisoensbeweiding tot vinnige wisselweiding, is onder ‘n ligte (of normale) en swaar belading vanaf 1967 vir sewe jaar vy die Landbounavorsingsinstituut, Glen uitgevoer, Diereproduksie van merino‐hamels en veldtoestand is gemonitor. Geen duidelike tendense kon verkry word tussen die aantal kampe nie maar hoër produksie per dier is by die ligte belading verkry maar nie per hektaar nie. Veld wat in ‘n goeie toestand is kan volgens enige veldbestuurmetode teen die korrekte belading bewei word mits die rusperiode voldoende is. Dieselfde tendense is by die lewendige massa, wol‐ en karkasmassa gevind.

Get new issue alerts for Proceedings of the Annual Congresses of the Grassland Society of Southern Africa