Original Articles

DIE KOMMUNIKATIEWE VAARDIGHEDE VAN AFRIKAANS TWEEDETAALONDERWYSERS

DOI: 10.1080/10118063.2000.9724583
Author(s): Elda van der MerweDepartement Afrikaans, Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel kom die kommunikatiewe vaardighede van Afrikaans tweedetaalonderwysers in secondêre skole, die effek wat dit het op die tersiêre onderrig van Afrikaans tweedetaal en voortvloeiend daaruit weer latere secondêre onderrig van Afrikaans tweedetaal, onder die soeklig. Die doel met die ondersoek was om vas te stel of onderwysers die nodige kommunikatiewe en professionele vaardighede het om Afrikaans as vak doeltreffend aan te bied; of onderwysers die nodige hulpmiddels het om Afrikaans as vak doeltreffend aan te bied, en wat onderwysers se houding teenoor en persepsie van Afrikaans is. Uit die ondersoek blyk dit duidelik dat die ondoeltreffende onderrig van Afrikaans op skool hoofsaaklik toegeskryf kan word aan onderwysers se ontoereikende professionele en veral kommunikatiewe vaardighede, leerders (nie onderwysers nie) se negatiewe houding en 'n gebrek aan hulpmiddels. Om Afrikaansonderrig in secondêre skole te verbeter, word voorgestel dat die opleiding van taalonderwysers vanuit 'n taalbeplanningsperspektief benader word en met inagneming van die vaardighede wat onderwysers nodig het in hulle latere beroepslewe.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics