Original Articles
TAALGEBRUIKSKUNDE: 'N KREATIEWE UITDAGING
DOI:
10.1080/10118063.2000.9724584
Author(s):
Angelique van NiekerkDept. Afrikaans & Nederlands en Moderne Europese Tale, Suid-Afrika, Alf JenkinsonDept. Afrikaans & Nederlands en Moderne Europese Tale, Suid-Afrika,
Abstract
In die artikel word van die vertrekpunt uitgegaan dat daar 'n verband tussen ontoereikende taalgebruiksvermoë en akademiese onderprestasie is. In die lig hiervan word 'n didaktiese metode voorgestel wat enersyds in taalgebruikskundekursusse 'n balans bied tussen teorie en praktyk en andersyds die behoefte van die nuwe geslag studente in Afrikaans (en Nederlands) departemente aanspreek. Daar word geargumenteer ten gunste van 'n basiskursus met 'n kernkomponent wat oor departementele grense en fakulteitsgrense heen konstant bly. Voorts moet so 'n basiskursus voorsiening maak vir 'n toegepaste komponent gerig op die studie-rigting/beroepsrigting van die student. Daar word voorstelle aan die hand gedoen vir die vind en gebruik van beroepsrelevante materiaal vir studente met hul oog op die kommunikasiekundewêreld, die regswêreld en die sakesektor.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics