Original Articles
DIE ROL VAN DIE RESENSENT IN DIE KOMMUNIKASIEPROSES TUSSEN SKRYWER EN LESER
DOI:
10.1080/10118063.2000.9724582
Author(s):
JP SmutsDepartement Afrikaans en Nederlands, Suid-Afrika,
Abstract
Die boekresensent speel 'n belangrike rol in die kommunikasieproses tussen skrywer en leser omdat die resensent 'n eerste of vroeë oordeel oor 'n nuwe werk lewer en sodoende lesers se keuse van leesstof kan beïnvloed. 'n Ondersoek het aangetoon dat lesers bepaalde verwagtinge omtrent die rol van die resensent en ook die struktuur van die resensie het. Dit sluit in dat die resensent moet aandui waaroor die werk handel, interpretasieprobleme uit die weg moet ruim, die waarskynlike lesers van 'n boek moet identifiseer en 'n korrekte en gemotiveerde evaluering moet gee. Daarbenewens verwag resensielesers onder meer dat die resensent objektief en billik moet wees en nuwe werke nie met vooringenome standpunte moet benader nie. Ten opsigte van die struktuur van die resensie is onder meer die volgende sake van belang: kontekstualisering van die teks onder bespreking, verstandige proporsionering binne die resensie, die minimum aan inhoudelike opsomming en 'n duidelike betoog.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics