Original Articles
LEES DIE TEKENS: LEESTEKENS
DOI:
10.1080/10118063.2000.9724581
Author(s):
Ria SmutsDept. Didaktiek (afdeling Afrikaans), Suid-Afrika,
Abstract
Leestekens soos ons hulle vandag ken, dateer uit die laat sestiende eeu, maar punktuasie kan teruggevoer word tot by Klassieke Grieks en Latyn. In die loop van eeue is verskillende funksies aan punktuasie toegeken. Dit is egter duidelik dat die doel van leestekens nie eng gedefinieer moet word nie. Hoewel in die onderwys aandag geskenk word aan leesteken-gebruik, val die klem dikwels bloot op sogenaamde “reëls”, 'n Ruimer ingesteldheid is dalk gewens. Saaklike prosa met sy gerigtheid op duidelikheid en bondigheid het uiteraard sy eie kodes omtrent die gebruik van leestekens. Dit kan egter baie lonend wees om met studente ook ander tekste te ondersoek waar leestekens stilisties geraffineerd en sterk betekenisonthullend funksioneer, soos aangetoon sal word.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics