Original Articles

MEDISYNEBILJETTE AS INSTRUKTIEWE TEKSTE: RIGLYNE VIR 'N KWALITEITSONDERSOEK

DOI: 10.1080/10118063.2000.9724578
Author(s): Amanda LourensSAGUS, Dept. Afrikaans en Nederlands, Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Hierdie artikel doen verslag oor die eerste fase van 'n projek wat die kwaliteit van medisynebiljette as instruktiewe tekste ondersoek. Die doel van die projek is die evaluering, asook verbetering van hierdie tekssoort, deur insigte verkry uit teksanalise en lesersoordele. Voorstelle ter aanpassing van die konvensies van hierdie genre word uiteindelik in die vooruitsig gestel. 'n Praktykondersoek na tekskwaliteit kan die volgende vyf komponente bevat: 'n konteksondersoek, 'n inventariserende lesers-ondersoek, teksanalise, teksontwerp en evaluasie.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics