Original Articles

GRAMMATIESE VERSKUIWINGS TUSSEN AFRIKAANS EN ENGELS KAN TOT KOMMUNIKATIEWE VERSKUIWINGS LEI

DOI: 10.1080/10118063.2000.9724577
Author(s): Ilse FeinauerDept. Afrikaans en Nederlands, Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

In vertaalde tekste tussen Afrikaans en Engels met óf Engels óf Afrikaans as bron of doeltaal, bestaan daar tot 'n hoë mate strukturele sowel as finksionele en kommunikatiewe kongruensie. Vir die meeste elemente in Afrikaans/Engels is daar sonder meer 'n ekwivalent in Engels/Afrikaans wat dikwels ook struktureel op mekaar gepas kan word. Hierdie artikel handel oor strukturele kongruensie, of eerder die gebrek daaraan, soos dit op die mikrostrukturele vlak van Afrikaans/Engels, Engels/Afrikaans vertalings aangetref word. Die fokus is gevolglik op die grammatikale dimensie van die vertalingproses, maar met Baker (1992: 86) as premis, naamlik “Differences in the grammatical structures of the source and target languages often result in some change in the information content of the message during the process of translation. This change may take the form of adding to the target text information which is not expressed in the source text.” My siening van Baker is dat die grammatikale verskuiwngs nie slegs byvoeging oftewel oorvertaling in die doeltaalteks tot gevolg het nie, maar dat die verskuiwing eerder tot ondervertaling lei: daar gaan dalk meer dikwels betekenisinligting verlore, wat in die brontaalteks voorkom. In hierdie artikel sal getoon word dat grammatikale en leksikale taalgebonde verskuiwings nie altyd presies van mekaar geskei kan word nie: grammatikale verskuiwings het dalk kommunikatiewe implikasies vir die doeltaalteks tot gevolg.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics