Original Articles

DIE KONTEKS EN GEBRUIKERSGERIGTHEID VAN MEDISYNEVOUBILJETTE IN SUID-AFRIKA

DOI: 10.1080/10118063.2000.9724576
Author(s): Dineke EhlersDept. Afrikaans, ,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel word sekere aspekte van die gebruik van medisyne-voubiljette in Suid-Afrika ondersoek 'n Oorsig van die wetlike en gebruikerskonteks van hierdie tekste word gegee, gevolg deur 'n kort ont-leding van tekortkominge en probleme wat na vore kom in sekere tekste wat tans in gebruik is. Die vernaamste probleme is die afwesigheid van 'n duidelike fokus op die teikengroep, strukturele en tipografiese vermenging van instruksies bedoel vir verskillende teikengroepe en die gebruik van tegniese jargon en terminologie wat slegs verstaanbaar is vir deskundiges. Die gebruik van medisynevoubiljette in Suid-Afrikaanse apteke is ondersoek deur middel van 'n vraelys en die implikasies van die huidige praktyk in apteke ten opsigte van inligtingsverskaffing oor medisyne, asook van aptekers se sienings word bespreek Ten slotte word aanbevelings gemaak vir die herstrukturering en herskrywing van hierdie tekste in die lig van voorgestelde nuwe wetgewing wat die funksies en beskikbaarheid van die inligting in medisynevoubiljette reguleer.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics