Original Articles

Perceptions of English Proficiency: Views From Southern Sotho Speakers

DOI: 10.1080/10118063.2000.9724570
Author(s): A.S. Coetzee-Van RooyDept. Teaching Development, South Africa, M.M. Verhoef, South Africa,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel word persepsies van Engelse tweedetaalvaardighede van 'n aantal Suid-Sotho respondente ondersoek. Resultate van twee verskillende indikators van persepsie word gerapporteer: 'n “objektiewe” Engelse tweedetaalvaardigheidstoets en 'n “subjektiewe” self-evaluering van Engelse taalvaardigheid word as instrumente gebruik. Die hoofbevinding van hierdie studie is dot daar 'n diskrepans is tussen die resultate van hierdie twee indikators van taalvaardigheid in Engels as tweede taal: volgens die resultate van 'n “objektiewe” taalvaardigheidstoets beskik die respondente oor “lae gemiddelde” taalvaardigheid in Engels, terwyl die bevindinge van die self-evaluering oefening aandui dat die respondente hulself as baie vaardig in Engels beskou. Hierdie diskrepans is veral geldig vir persepsies van leesvaardigheid in Engels. Daar is ten minste drie verklarings vir die “lae gemiddelde” Engelse taalvaardigheid van die respondente: die afwesigheid van kognitiewe akademiese taalvaardigheidsontwikkeling in die eerste taal (Suid-Sotho), onderwyserinsette en die onderwyskonteks in Suid-Afrika, en dat die respondente min kontak met eerstetaalsprekers van Engels het. Daar is ten minste drie verduidelikings vir die diskrepans tussen die “objektiewe” en “subjektiewe” metings van Engelse taalvaardigheid: die meertalige identiteite van die respondente, verskillende begrippe van taalvaardigheid, en die status van die respondente in hulle gemeenskappe. Ter afsluiting word geargumenteer dat verskillende persepsies van taalvaardigheid 'n komplekse saak is wat van verskillende hoeke af benader moet word. Die binneperspektief moet beslis ook in ag geneem word.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics