Original Articles

Socio-Political Correspondences Between Bevand Bsae Lessons From The U.S Experience

DOI: 10.1080/10118063.2000.9724569
Author(s): Marlene VerhoefSchool of Languages, South Africa, Ute SmitDepartment of English, Austria,
Keywords: ,

Abstract

Teen die agtergrond van Smitherman (2000:314) se mening dat daar aantoonbare ooreenkomste in die sosio-politieke aard van die taaldebat in Amerika en Suid-Afrika bestaan, is die doel met hierdie artikel om spesifiek na te gaan tot watter mate die uitspraak waar is ten opsigte van die manier waarop die etnolinguistiese varieteite van Engels ontwikkel. Spesifieke aandag word gegee aan die manier waarop die Ann Arbor verhoor in 1979 en die sogenaamde Ebonics-debate van 1996 die etnolinguistiese vitaliteit van Swart Amerikaanse Engels kon beïnvloed het, sodat bepaal kan word watter moontlike “lesse” daar in hierdie verband te leer is betreffend die funksie en status van Engels soos dit hoofsaaklik deur swart sprekers in Suid-Afrika gebruik word. Dit word uiteindelik duidelik dat, hoewel geen enkelvoudige vergelykings tussen dié twee variëteite van Engels getrek kan word nie, die manier waarop met Engels in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel omgegaan word—soos in die VSA—'n wesentlike invloed uitoefen op die ontwikkelingsmoontlikhede van die taal en die gesindhede daarteenoor.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics