Original Articles

The Perception of the Vowels Of Tswana-English

DOI: 10.1080/10118063.2000.9724566
Author(s): Bertus van RooyResearch Focus Area: Languages and Literature in the South African Context, South Africa, Daan WissingResearch Focus Area: Languages and Literature in the South African Context, South Africa, Manie van den HeeverResearch Focus Area: Languages and Literature in the South African Context, South Africa,
Keywords: ,

Abstract

Dit is 'n welbekende feit dat die vokaalsisteem van Gerespekteerde Suid-Afrikaanse Engels uit 12 monoftonge bestaan, teenoor die sewe van Tswana. Dit kan moontlik die oorsaak wees van onderdifferensiasie ('n vorm van negatiewe taaloordrag) in die produksie van die Engelse vokale deur Tswanasprekers. Dit kan op sy beurt lei tot verstaanbaarheidsprobleme. Hierdie hipotese is in 'n persepsiestudie getoets. Moedertaalsprekers van Engels en Tswana is hierby betrek. Diefokus van die studie was op die vokale /i/ (it), /Ï/ (miss), /:/(nurse), /æ/(trap) en /з/(strut), wat nie een in die vokaalsisteem van Tswana voorkom nie. Die persepsie hiervan is vergelyk met dié van vier vokale wat in sowel Engels as in Tswana voorkom, naamlik /e/(dress), /o/(thought) en /a/(bath). Daar is gevind dat onderdifferensiasie inderdaad 'n verskynsel in Tswana-Engels is, wat al die genoemde vokale op die een of ander wyse betrek. Wat betref die mate waartoe verstaanbaarheid beïnvloed of benadeel is, egter, kon daar, weens die beperktheid van die ondersoek geen besliste gevolgtrekking gemaak word nie. Die bevindinge van hierdie persepsiestudie bevestig egter wel die akoestiese resultate van Tswana-Engels soos gerapporteer deur Van Rooy en Van Huyssteen (hierdie uitgawe).

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics