Original Articles

Kousatiewe deiktiese werkwoorde in Afrikaans: Laat kom en stuur

DOI: 10.1080/10118063.1990.9723827
Author(s): L.G. de StadlerDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Die werkwoorde of werkwoordelike uitdrukkings laat kom en stuurword ondersoek. Kousatiewe deiktiese werkwoorde vorm vier kategorieë: die werkwoorde met die betekenis ‘laat kom’ plus die deiktiese komponent [+be-geleiding], byvoorbeeld bring; die werkwoorde met die betekenis ‘laat kom’ plus die deiktiese komponent [-be-geleiding], byvoorbeeld ontbied; die werkwoorde met die betekenis ‘laat gaan’ plus die deiktiese komponent [+begeleiding], byvoorbeeld neem, die werkwoorde met die betekenis ‘laat gaan’ plus die deiktiese komponent [-begeleiding], byvoorbeeld stuur. Die verhouding tussen die deiktiese uitdrukkings laat kom en stuur, die werkwoorde bring en neem en die nie-kousatiewe werkwoorde kom en gaan word aangespreek, onder andere met verwysing na die deiktiese sentrum van elke werkwoord, die verband tussen deiktiese struktuur en sintak-ties-semantiese struktuur en die leksikalisering van die waarde [begeleiding] (byvoorbeeld in die leksikale item saam). Die gebruik van kousatiewe deiktiese werkwoorde om toestandsverandering aan te dui, word ook ondersoek.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics