Original Articles
Komposisionaliteitsbeginselen die beskrywing van geleentheidskomposita
DOI:
10.1080/10118063.1990.9723826
Author(s):
A. CarstensDepartement Afrikaans, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Die Komposisionaliteitsbeginsel(KB) is gebaseer op die empiriese feit dat die betekenis van'n komplekse uit-drukking 'n funksie is van die betekenisse van die dele en die wyse waarop hulle sintakties/morfologiesgekom-bineer word. Weens die groot hoeveelheid pragmatiese inligting wat nodig is vir die volledige interpretasievan nuutskeppings, is 'n sterk interpretasie van die KB nie houdbaar met betrekking tot geleentheidskomposita nie. Binne 'n swak (algemene) interpretasie word weliswaar nie uitdrukking gegee aan al die komponente van die KB nie, maar daar word tog geëkspliseer dat geleentheidskompositagelede eenhede is wat nie sonder meer in die leksikon gelys kan word nie. Die presiese mate waarin die KB ten opsigte van geleentheidskompositageld, is afhanklik van die teoretiese raamwerk wat as uitgangspunt dien. Geleentheidskomposita behoort op die mees adekwate wyse beskryf te kan word binne 'n generatiewe model waarin die KB 'n onderdeel van 'n omvat-tende teorie van motivering vorm.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics