Original Articles
Topical structure analysis as a text–linguistic explication of ‘xcoherence’: A critique
DOI:
10.1080/10118063.1990.9723822
Author(s):
E.H. HubbardDepartment of Linguistics, Republic of South Africa,
Abstract
Die doel van hierdie artikel is om verdere lig op die begrip ‘tekstuele koherensie’ te werp. Die analise van tema-struktuur soos dit deur Witte op opsteltekste toegepas is, word ondersoek. Temastruktuuranalise word hier op twee stelle eksamenantwoorde toegepas, dit wil sê Engelse Letterkunde en Linguistiek. In elke geval is die tekste deur lesers volgens hoë en lae koherensie ingedeel. Die bevindinge was taamlik verrassend. Geeneen van die kenmerke wat deur Witte as koherensie-onderskeidend geïdentifiseer is, het duidelik tussen die tekste met hoë en lae koherensie onderskei nie. Daar was egter in elke geval aansienlike verskille tussen die antwoorde vir Engelse Letterkunde as 'n groep en die antwoorde vir Linguistiek as 'n groep. Dit wil lyk asof die frekwensie van Witte se temastruktuurkenmerke—ten minste, wat dit studente se akademiese tekste (teenoor opsteltekste) betref—meer te make het met die aard van die vraag wat beantwoord moet word as met die koherensievlak van die antwoord. In die loop van die toepassing van temastruktuuranalise op die studente se akademiese tekste is 'n aantal metodologiese probleme teëgekom, en hulle word ook kortliks bespreek. Meer effektiewe metodes vir die eksplisering van die begrip ‘koherensie’, wat in diskoersanalise en tekslinguistiek so 'n sentrale rol speel, word voorgestel.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics