Original Articles
Tekstuele binding in gesproke Afrikaans
DOI:
10.1080/10118063.1990.9723821
Author(s):
A.E. FeinauerDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Sowel Tante Betje-styl as V1-plasing word gebruik om tekstuele binding in gesproke taal te bewerkstellig. V1-plasing kan ook kontekstuele binding bewerkstellig deurdat dit die spesifieke sin binne die konteks van die gesprek as geheel plaas. Tante Betje-styl is 'n tipe inversie wat meestal na die neweskikker en aangetref word: Vir die saak het ons toe ingewillig en het sy toe begin by Parow met 'n parallelmediumskool. By V1-plasing word die spil in die eerste sinsposisie aangetref deurdat die onderwerp of aanloop weggelaat is: Trek los en trap ons uit oor ons hom na al die jare so behandel het. In hierdie artikel word die wyse waarop Tante Betje-styl en V1 -plasing tekstuele binding bewerkstellig, ondersoek.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics