Original Articles

Progressiewe stemassimilasie—'n ‘nuwe’ Afrikaanse fonologiese reël?

DOI: 10.1080/10118063.1990.9723823
Author(s): Daan WissingDepartement Algemene Taal- en Literatuurwetenskap, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Regressiewe stemassimilasie, waarvolgens 'n stemlose eksplosief stemhebbend word voor veral 'n ander stem-hebbende konsonant (byvoorbeeld /asbak/ wat [azbak] word) is geen onbekende fonologiese verskynsel in Afrikaans nie, en ewemin in Nederlands. Afgesien van hierdie reël is ook 'n progressiewe stemassimilasiereël baie produktief werksaam in Nederlands. Tot dusver is egter geglo dat progressiewe stemassimilasie in Afrikaans afwesig is; slegs enkele gefosílleerde restante van so 'n reël sou dan in Afrikaans aangetref word. In hierdie artikel word die moontlikheid van die bestaan van 'n produktiewe progressiewe stemassimilasiereël in Afrikaans geopper. Dit word gedoen aan die hand van 'n aantal spektrogramme wat van natuurlike spraak gemaak is. Hierdie bewering sal egter eksperimenteel bevestig moet word.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics