Original Articles
Die skakelwerkwoorde loop en kom
DOI:
10.1080/10118063.1990.9723820
Author(s):
Hans du PlessisDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Die problematiek van die Afrikaanse skakelwerkwoord kom in hierdie artikel onder die loep. Aangesien dit egter onmoontlik is om die skakelwerkwoord as sodanig binne die bestek van 'n enkele artikel te bespreek, word daar gekonsentreer op die skakelwerkwoorde loop en kom. Voorbeelde van hierdie twee werkwoorde uit meer as een variëteit van Afrikaans word by die bespreking betrek. Daar word betoog dat loop en kom nie bloot as + of—skakelwerkwoorde aangedui kan word nie. In die analise van hierdie skakelwerkwoorde moet daar vir 'n gradering-skaal voorsiening gemaak word. Hieruit blyk dit dat sowel loop as kom wissel tussen letterlike bewegingswerk-woorde op een uiterste van die skaal en iets wat byna as deeltjie binne 'n deeltjiewerkwoord funksioneer op die ander uiterste.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics