Original Articles
Kousatiewe deiktiese werkwoorde in Afrikaans: bring en neem
DOI:
10.1080/10118063.1990.9723819
Author(s):
L.G. de StadlerDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
In hierdie bydrae word die kousatiewe deiktiese werkwoorde in Afrikaans ondersoek, met spesifieke verwysing na die werkwoorde bring en neem. Kousatiewe deiktiese werkwoorde vorm vier kategorieë: die werkwoorde met die betekenis ‘laat kom’ plus die deiktiese komponent [+begeleiding], byvoorbeeld bring; die werkwoorde met die betekenis ‘laat kom’ plus die deiktiese komponent [–begeleiding], byvoorbeeld ontbied; die werkwoorde met die betekenis ‘laat gaan’ plus die deiktiese komponent [+begeleiding], byvoorbeeld neem; die werkwoorde met die betekenis ‘laat gaan’ plus die deiktiese komponent [-begeleiding], byvoorbeeld stuur. Die verhouding tussen die werkwoorde bring en neem en die nie-kousatiewe werkwoorde kom en gaan word aangespreek, onder andere met verwysing na die deiktiese sentrum van elke werkwoord, die verband tussen deiktiese struktuur en sintakties-semantiese struktuur en die leksikalisering van die waarde [begeleiding] (byvoorbeeld in die leksikale item saam).
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics