Original Articles
Menseregte en taalregte
DOI:
10.1080/10118063.1990.9723815
Author(s):
J.C. SteynDepartement Afrikaans, Republiek van Suid Afrika,
Abstract
Die werkstuk van die Suid-Afrikaanse Regskommissie oor groeps- en menseregte wat in Maart vanjaar bekend gestel is, is ook 'n belangrike dokument vir taalreëlings vir 'n toekomstige Suid-Afrika. Die Kommissie voer aan dat taal en verwante regte die beste beskerm kan word deur die verdediging van die regte van die individu. Dit wil egter voorkom of die botsing van belange 'n ingewikkelder kwessie kan wees as wat uit die verslag blyk. Drie soorte belange kan geheel en al uiteenloop, naamlik (1) nasionale belange, (2) die belange van die taalgroep waarvan die eienskappe beskerm moet word en (3) die (vermeende) belange van die individu. Een van die sen-trale probleme is die suggestie van die Regskommissie dat die wetgewing oor amptelike tale voorrang het oor die beginsel dat daar geen taalbevoorregting of -diskriminasie behoort te wees nie.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics