Original Articles
Bilingual proficiency: A working model
DOI:
10.1080/10118063.1990.9723814
Abstract
Na bepaling van 'n definisie van tweetaligheid word Suid-Afrika in hierdie opsig vergelyk met ander lande en die posisie in die Suid-Afrikaanse Weermag word vir aandag uitgesonder. Hoewel die regsbepalinge wat tweetaligheid verskans, nagekom word, bevorder nòg die taalonderrig by skole nòg die algemene houding jeens tweetali-ge vaardigheid effektiewe kommunikasie en daar word, in besonder, 'n verswakking in Engelsvaardigheid onder-vind. Die Suid-Afrikaanse Weermag se besorgdheid oor die gebrek aan tweetalige vaardigheid wat sowel sy lyn-as sy stafkommunikasies benadeel, het tot 'n verenigde verbeteringspoging gelei: Die model wat deur die Suid-Afrikaanse Weermag se Taaldiens ontwikkel is om leksikale, fonetiese, ortografiese, en grammatiese versteuring te oorbrug deur middel van 'n houdingsverandering, toepassing van taalbeleid, basiese en toegepaste navorsing en die nodige aansporings aan lede om tweetalige vaardigheid te verbeter, is gegrond op die vier taaldienskom-ponente: terminologie en leksikografie, vertaling, taalonderrig en taaltoetsing.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics