Original Articles

Multidimensionele beskrywingsmodel vir regressiewe stemassimilasie

DOI: 10.1080/10118063.1990.9723816
Author(s): Daan WissingDepartement Algemene Taal- en Literatuurwetenskap, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Hoewel assimilasie 'n bekende klankverskynsel in Afrikaans is, en assimilasie van stem, kortweg stemassimilasie genoem, nie onbekend aan Afrikaans is nie, bestaan daar nie veel teoretiese beskrywings in Afrikaans nie. Daar word op regressiewe stemassimilasie gefokus, en meer in die besonder op die wisseling /s/ > [z] in Afrikaans. Die groot hoeveelheid beskrywings van verskillende aspekte van stemassimilasie in Nederlands word behandel. Verskillende opvallende verskille tussen Afrikaans en Nederlands kom aan die lig. Daarna word eers die beskikbare Afrikaanse beskrywings kortliks aan die orde gestel. 'n Hoeveelheid opgetekende frases waarin hierdie tipe assimilasie optree, word gegee. Vervolgens word drie soorte faktore (linguistiese, sosiolinguistie-se en non-linguistiese) wat moontlik 'n rol speel by, of stemassimilasie vergemaklik, bespreek. Dit word waar moontlik aan die hand van die opgetekende voorbeelde en verwysende na die bestaande lite-ratuur gedoen. 'n Multidimensionele beskrywingsmodel vir stemassimilasie word aan die hand gedoen. Daar-in word veral gekonsentreer op die interafhanklikheid van verskillende faktore en subfaktore. Bowendien word 'n hele aantal moontlike en bewese implikasierelasies hierin uitgewys. Ten slotte word 'n aantal terreine waar-op navorsing gedoen behoort te word, aangedui.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics