Original Articles

Twee- en multisillabige Afrikaanse simplekse: Twee klemtoonreels of net een?

DOI: 10.1080/10118063.1989.9724441
Author(s): D.P. WissingDepartement Algemene Taal- en Literatuurwetenskap, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Daar bestaan teenstrydige of oënskynlik teenstrydige getuienisse vir die postulering van slegs een klemtoonreël vir Afrikaanse polisillabiese simplekse. In hierdie artikel word 'n hoofklemtoonreël gehipotetiseer, naamlik dat die klemtoon normaalweg op die voorfinale sillabe val, behalwe wanneer daar sterker kragte is wat dit na die finale sillabe trek. Hierdie sterker kragte word in terme van sterk sillabes gedefinieer, wat op hulle beurt weer afhanklik is van faktore soos 'n sterktehiërargie van klasse vokale, en oop en geslote sillabes. Die klemtoonreël word met be-hulp van 'n dertigtal kunsmatig gevormde twee- en meersillabige vorme getoets. Daar is gebruik gemaak van 503 proefpersone verbonde aan 6 Afrikaanse universiteite. Die eksperiment is 'n duidelike bewys dat bestaande Afrikaanse klemtoonreëls inderdaad in een omvattende reël geformuleer kan word. Die uitkoms van vorige ondersoeke, dat van agter af in 'n woord gesoek moet word na die plek waar die klemtoon geplaas moet word, word bevestig. Daar word ook uitgewys dat die proefpersone die kunsmatige woorde wel as simplekse interpreteer.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics