Original Articles
Steekproewe: 'n Kan of 'n moet vir die Taalkunde?
DOI:
10.1080/10118063.1989.9724442
Author(s):
D.P. WissingDepartement Algemene Taal- en Literatuurwetenskap, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Geldige veralgemenings oor enige aspek van 'n populasie kan streng statisties gesproke slegs gemaak word op grand van die toetsing van 'n verteenwoordigende steekproef uit daardie populasie of universum. Dit is onmoontlik in die geval van byvoorbeeld Standaard-Afrikaans. Die vraag watter altematiewe daar vir die taalkundige oorbly, word bespreek. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat, minstens ten opsigte van klemtoonverskynsels, dit met redelike sekerheid versigtig aangeneem kan word dat 'n relatief klein groepie proefpersone, in hierdie geval van een universiteit, gebruik kan word as informeel verteenwoordigend van die hele Standaard-Afrikaans. Hierdie aanname word bevestig wanneer proefpersone van die vier provinsies met mekaar vergelyk word. Dieselfde geld die vier streke van Transvaal.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics