Original Articles

Natuurliketaal-verwerking: 'n Oorsig

DOI: 10.1080/10118063.1989.9723801
Author(s): A.J. Holtzhausen, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Met natuurliketaal-verwerking word daar gepoog om dit vir rekenaars moontlik te maak om te verstaan en om toepaslik te reageer op tale wat vir mense natuurlik is om te gebruik. Ten einde 'n stelsel te ontwikkel wat een taal na 'n ander kan vertaal of 'n stelsel waarin die mens deur middel van natuurlike taal 'n sinvolle dialoog met rekenaars kan voer, is dit noodsaaklik om eers by 'n sisteem uit te kom wat natuurlike taal kan ‘verstaan’ en kan ‘weet’ waaroor die inhoud van 'n bepaalde teks gaan. Voordat hierdie doel bereik kan word, is die ontwikkeling van 'n taalont-leder 'n voorvereiste. Dit is bykans onmoontlik om 'n taalontleder te ontwikkel wat natuurlike taal kan verstaan buite die omwêreld van kunsmatige intelligensie. Met behulp van gesofistikeerde datastrukture, interpretasieprosedures en inferensiemeganismes, behoort 'n program in staat te kan wees om ‘intelligent’ te funksioneer om sodoende by 'n sisteem uit te kom waar die rekenaar oor sy ‘kennis’ kan ‘dink’. Die doel van hierdie artikel is om probleme rakende natuurliketaal-verwerking aan te toon, verskillende benaderings tot taalontleding en ontledingstrategieë uiteen te sit en ook om die doel en verskeie toepassings van natuurliketaal-verwerking uit te lig.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics