Original Articles
Intelligent machine learning of Afrikaans lexical categories
DOI:
10.1080/10118063.1989.9723800
Author(s):
I. CloeteDepartment of Computer Science, Republic of South Africa,
Abstract
Die LEXINET-navorsingsprogram benadruk die interdissiplinêre aard van Linguistiek en Skynintelligensie vir die rekenaarverwerking van Natuurlike Taal. Outonome leerprosesse, een aspek van die Skynintelligensie-studieveld, bied geskikte hulpmiddels vir die rekenaartaalkundige. Hierdie leerprosesse bied die moontlikheid om outomaties klassifikasie- of herkenningsreëls vir 'n konsep af te lei. Daar word aangetoon hoe 'n outonome leermetode aange-wend kan word om twee moontlike herkenningsreëls vir Afrikaanse werkwoorde af te lei. Die leermetode is gegrond op 'n algemene wiskundige model waarvan die eienskappe gekarakteriseer is binne 'n Boole-algebra.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics