Original Articles
Hierdie die
DOI:
10.1080/10118063.1989.9723799
Abstract
Die het nie slegs die status van bepaalde lidwoord in Afrikaans nie. Die gebruik van die deur N.P. van Wyk Louw in die werke Versamelde gedigte—N.P. van Wyk Louw, Dias en Germanicus openbaar die betrokke skrywer se besondere voorkeur ten opsigte van die (in plaas van die variante van die): as referensiële anafoor, as PRE-DET-element, as antesedent, as demonstratief en as beklemtoonde lidwoord (naas die konvensionele gebruik van die as bepaalde lidwoord). Op grand van ekstern-deiktiese oorwegings blyk dit dat daar 'n besliste onderskeid te tref is tussen die demonstratiewe gebruik van die en die as anafoor, PRE-DET-element, antesedent en beklemtoonde lidwoord. Alhoewel die bepaalde lidwoord deikties neutraal is, word aangetoon dat die bepaalde lidwoord op grand van sy deiktiese herkoms steeds 'n intrinsiek-deiktiese betekenis latent in horn opgesluit hou. Die seleksie van die (in plaas van sy variante) in die betrokke kontekste word dus nie linguisties gedetermineer nie, maar vind op grand van pragmatiese oorwegings plaas om sekere bepaaldheidsbetekenisskakerings fyner te nuanseer.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics