Original Articles
Stopelemente in Afrikaanse gesprekstaal
DOI:
10.1080/10118063.1989.9723795
Author(s):
G.S. van der MerweDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Stopelemente is semanties leë taalelemente wat by herhaling in gesprekstaal gebruik word. Hoewel hulle op die oog af oorbodig lyk, is hulle tog nuttige gespreksartikels wat onder meer aangewend kan word om die hoorder se aandag vas te vang; om tyd te wen om na te dink oor wat gesê moet word; om gedagtes aanmekaar te knoop; om die houding of gevoel van die spreker uit te druk; om die spreker aanvaarbaar te probeer maak onder slengspre-kers; om as epiteta diens te doen; om aan die hoorder te kenne te gee om self verder te dink; en om te kenne te gee dat iets vanselfsprekend is.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics