Original Articles

Vroeg-twintigste-eeuse argumente vir een ampstaal in Suid-Afrika

DOI: 10.1080/10118063.1989.9723794
Author(s): J.C. SteynDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Sommige Engelse koerante was in die jare na die Anglo-Boereoorlog ten gunste daarvan dat Engels die enigste ampstaal van Suid-Afrika word. Die hoofargumente, soos dit gestel is in enkele hoofartikels in The Cape Times, The Transvaal Leader, The East London Daily Dispatch, en ander blaaie, word in hierdie artikel saamgevat. Die argumente wat nou met mekaar saamhang, het betrekking op (1) taal as magsinstrument, (2) die ampstaal as middel om nasionale eenheid tot stand te bring, (3) die kommersiele, literere, en ander waarde van Engels teenoor die betreklike waardeloosheid van Afrikaans en Nederlands, (4) twyfel oor die voortbestaan van Afrikaans, en (5) die toestand van diglossie waardeur Nederlands en Afrikaans vir verskillende funksies gebruik is.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics