Original Articles

Geolinguistiek van Afrikaans in die metropolitaanse gebied van Kaapstad

DOI: 10.1080/10118063.1989.9723796
Author(s): I.J. van der Merwe, Republiek van Suid-Afrika, P.-J. le RouxDepartement Geografie, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Die identifisering van ruimtelike taalpatrone binne stedelike gebiede is noodsaaklik gesien die krag van taal as kultuureksponent in groot metropolitaanse bevolkingskonsentrasies. In hierdie verkennende studie word die alge-mene verbreidingspatrone van die 762 000 Afrikaanssprekendes in Kaapstad statisties en kartografies ontleed, terwyl kerngebiede, kontaksones en gesegregeerdheid tussen Afrikaans en Engels ook ondersoek word, ′n Baie insiggewende liggingsdualisme word ontbloot. Blanke Afrikaans- en Engelssprekendes is gesegregeerd in kerngebiede in die noordelike en suidelike voorstede onderskeidelik, met ′n sterk Kleurling Afrikaanse kerngebied in die suid-oostelike randgebied. Kontaksones kom redelik verspreid oor die stad voor. Die waargenome patrone moet verklaar word binne ′n histories-ekonomiese en polities-administratiewe omgewingsraamwerk. Veel meer navorsing is egter nodig alvorens definitiewe antwoorde daargestel kan word. Juis dit is die doel van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing met sy langtermynprojek Taalatlas van Suid-Afrika.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics