Original Articles

Assistant catchword: Lexicographic assignment or fate?

DOI: 10.1080/10118063.1989.9723793
Author(s): Rajmund Ohly, Namibia,
Keywords: ,

Abstract

Die veranderinge wat ′n Engelse of ′n Afrikaanse term ondergaan, wanneer dit gebruik word as ′n hulp-lokwoord binne die konteks van'n ontwikkelende taal soos Herero of Swahili, word geanaliseer. Die basiese funksie van ′n hulp-lokwoord is om ′n nuwe konsep in te voer in die leksikale sisteem van die ontwikkelende taal. Om hierdie rede sou ′n mens verwag dat die leksikale kenmerke van die lokwoord gereflekteer word in sy ekwivalente vorm. In die oornemingsproses word sy logiese spektrum egter dikwels vereie; sy linguisemiese funksie word geügnoreer; of—in die geval van leenwoorde—sy morfologiese en fonetiese patroon word verdraai as gevolg van onverskillige assimilasie. Die kwessie van ‘linguistiese regte’, met ander woorde die beskerming van ′n Engelse of ′n Afrikaanse term teen misbruik deur leksikograwe van ontwikkelende tale aan die een kant, en sy onderbenutting aan die ander kant, word dus geopper. In die eerste geval word geëis dat byvoorbeeld die internasionaal erkende definisie wat deur ′n term gedra word, korrek weergegee behoort te word deur die oorgenome ekwivalent. In die tweede geval word hulp-lokwoorde dikwels in isolasie behandel, met ander woorde sonder om hulle ekwivalente in die betrokke semantiese veld in ag te neem. Die gevolg hiervan is dat die leksotaktiese funksie van die hulp-lokwoord tydens die uitbreiding van konsepsuele sfere in ontwikkelende tale verlore gaan. Die noodsaaklikheid van ′n siste-matiese benadering en die korrekte gebruik van ′n lokwoord uit ′n skenkerstaal word beklemtoon, ten einde ′n vermenging van Eerste- en Derde Wereldkenmerke in moderne woordelyste van ontwikkelende tale te vermy.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics