Original Articles

'n Paar aantekeninge oor Afrikaanse koerante se grammatiese probleme in die ‘owergangstijdperk’ tot omstreeks 1917

DOI: 10.1080/10118063.1989.9723785
Author(s): J.C. SteynDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Tussen 1910 en 1920 toon die taalgebruik van Afrikaanse koerante tekens van die worsteling om ′n Afrikaanse standaardtaal tot stand te bring. Sulke tekens is onvastheid in die gebruik van sommige konstruksies, asook ′n neiging om die grense van Afrikaans so te rek dat konstruksies wat vandag as Nederlands aandoen, behoue bly. Hier word gelet op ′n aantal grammatiese verskynsels soos die attributiewe byvoeglike naamwoord, die relatiefbysin, die substantivering van die byvoeglike naamwoord, die gebruik van imperfektumvorme by die werkwoord, infinitiefvorme en die volgorde van sinsdele in afhanklike sinne.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics