Original Articles

Enkele skryftaalprobleme van Afrikaanse koerante in die “ower-gangstijdperk” tot omstreeks 1917

DOI: 10.1080/10118063.1988.9724433
Author(s): J.C. Steyn, ,
Keywords: ,

Abstract

Tussen 1910 en 1920 toon die taalgebruik van Afrikaanse koerante tekens van die worsteling om 'n Afrikaanse standaardtaal tot stand te bring. Sulke tekens is onvastheid in die gebruik van sommige konstruksies, asook 'n nei-ging om die grense van Afrikaans so te rek dat konstruksies wat vandag as Nederlands aandoen, behoue bly. Na 'n aantal opmerkings oor die histo-riese agtergrond van die standaardiseringsproses word aandag gegee aan probleme met leestekens, spelling en die keuse van variante.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics