Original Articles
'n Semantiese representasie (SR) van enkele Duitse plekname (PN) in sintaktiese verband
DOI:
10.1080/10118063.1988.9724291
Abstract
Plekname, dus ook Duitse plekname, kan as taaltekens onderskei word wat uit enige of verskillende sintaktiese kategoriee of rededele kan bestaan. Hulle vertoon onder andere sekere grammatiese betekenisse soos morfosintaktie-se relasies en het relevansie in 'n semanties-pragmatiese konteks waarvan die prim6re kommunikatiewe funksie is om te verwys. Hierdie plekname val volgens hul SR grammatikaal en funksioneel as toponimiese verwysingsetiket in die sintaktiese kategorie van die naamwoordstuk (NP) en kan vergelyk word met die naamwoordelike konstituentestruktuur. Eiename word dus universeel op grammatiese vlak beskou as behorende tot die verwante klas van selfstandige naamwoorde (N) en tree as sodanig in die naamwoordfrase (NP) op. Omrede die plekname as naamwoordstukke beskryf word en ook so optree, staan pleknaamsamestellings as nominale frases in die frasestruktuur van sinne bekend en is die naamval gewoonlik nominatief. Die SR toon derhalwe 'n tipiese naamwoordelike karakter wat meestal van die aard lidwoord of 0 lidwoord + saw. is. Hierdie naarnwoordstuk kan uitgebrei word deur byvoeging van ander sintaktiese kategoriee soos byvoorbeeld byvoeglike naamwoorde, telwoorde, voorsetsels, ens. In die vorm as pleknaam, met ander woorde sodra die samestelling pleknaamstatus verkry, verloor die ander rededele hul onafhanklike woordstatus.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics