Original Articles

Theoretical models of technical languages*

DOI: 10.1080/10118063.1988.9724289
Author(s): A., D. de V. Cluver, ,
Keywords: ,

Abstract

Die klassieke (of positivistiese) benadering tot die studie van taal is gekenmerk deur pogings om die uiteindelike konstituente te identifiseer en dan die taalstruktuur te rekonstrueer. Hierdie atomistiese benadering is ook in die taalprofessies gereflekteer en, soos in die linguistiek, het dit gelei tot 'n verdraaide beeld van taal. Die effek van hierdie benadering op die terminografieteorie en die onderrig van vaktaal word bespreek. In 'n postpositivistiese of sisteembenadering is die fokus hoofsaaklik op die geheel en as dit eers begryp is, kan die rol van die dele verantwoord word. Die dele word gesien as konstituente van 'n netwerk van verhoudings wat die geheel vorm en gevolglik is die dele niks meer as stabiele patroon nie. Pogings om hierdie benadering toe te pas op die studie van taal begin nou na vore tree en sommige van die implikasies van so 'n benadering vir die taalprofessies word bespreek.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics