Original Articles

Die rekenarisering van Vakleksikografie

DOI: 10.1080/10118063.1988.9724288
Author(s): Mariëtta Alberts, ,
Keywords: ,

Abstract

Die rekenaar kan beskou word as 'n hulpmiddel wat vakleksikografie kan bevorder. In hierdie artikel word 'n oorsig gegee van die ontstaan van die gedagte om die Suid-Afrikaanse vakleksikografie te rekenariseer. Vakleksikografie as vakgebied word onder die loep geneem en 'n indeling van vaktaal vir dokumentasiedoeleindes word aangebied. Die leksikografiese probleme wat in Suid-Afrika ondervind word, en die moontlike oplossing wat die rekenarisering van vakleksikografie vir die vaktaalbedryf inhou, word bespreek. Die nut van termbanke—en meer spesifiek 'n sentrale nasionale termbank—geniet aandag en daarna word die huidige stand van die vakleksikografiese rekenariseringsproses in Suid-Afrika bespreek.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics