Original Articles

Die plek van die Pragmatiek binne die Linguistiek

DOI: 10.1080/10118063.1988.9723764
Author(s): T.J. van DykDepartement Afrikaans, ,
Keywords: ,

Abstract

'n Moontlike oplossing vir 'n wêreldwye linguistiese probleem wat deur Jef Verschueren, die Algemene Sekretaris van die Internasionale Pragmatiek-vereniging in 'n onlangse werksdokument verwoord is, dien as uitgangspunt. Die standpunt word ingeneem dat die Pragmatiek nie maar 'n soort Semantiek is soos Leech in 1983 dit stel nie, maar 'n afsonderlike, selfstandige subdissipline van die Linguistiek. Daarom word verkies om liewer te praat van Pragmalinguistiek of Taalgebruikskunde, wat dan direk verband hou met die taalhandelingsteorie van Austin, Searle en andere, want die Griekse woord pragma word vertaal met daad of handeling. Die Pragmalinguistiek wil taal dan bestudeer vanuit die taalgebruiker se verwysingsraamwerk soos vergestalt binne gesprekke.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics