Original Articles
Veralgemening en waarnemingstoereikendheid
DOI:
10.1080/10118063.1988.9723765
Abstract
In hierdie artikel word die verband tussen waarnemingstoereikendheid en veralgemening in taalbeskrywing krities bekyk. Daar word aangetoon dat Chomsky se onderskeid tussen formele en substantiewe universalia in 'n ander vorm reeds (implisiet) by Bloomfield en (eksplisiet) by Reichling te vinde is. Volgens al drie hierdie skrywers het formele universalia te doen met wesenskenmerke van taal wat hipoteties-deduktief vasgestel moet word, terwyl substantiewe universalia te doen het met kenmerke wat slegs induktief vasgestel kan word. In die geval van formele universalia kan 'n taalteorie waarneming dus vooruitloop, maar wat substantiewe universalia betref, moet noukeurige waarneming teorievorming voorafgaan.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics