Original Articles
DIE TAALPOLITIEKE STRYD OOR 'N AFRIKAANSE RADIODIENS
DOI:
10.1080/10118063.1987.9724246
Abstract
Met die totstandkoming van die SAUK in Augustus 1936 was daar nog geen aparte Afrikaanse en Engelse dienste nie, en sowel die Regering as die Afrikaanse blaaie en kultuurorganisasies was teen 'n skeiding van die twee dienste. Die uitsendings was egter oorwegend Engels, en om dit 'n meer tweetalige karakter te gee, is tweetalige aankondigings in 1937 ingevoer. Dit het geweldige verset van sommige Engelssprekendes uitgelok. Hierdie verset, asook die gunstige uitslag van proefnemings wat dieselfde jaar met kortgolfuitsendings gedoen is, het daartoe gelei dat die radio se beleid gewysig is. Die Afrikaanse radiodiens het op 25 Oktober 1937 tot stand gekom. Hoewel daar nog talle probleme met uitsendings was, het die Afrikaanse diens van die begin af 'n betekenisvolle rol in die Afrikaanse kultuurlewe gespeel.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics