Original Articles
Black South African English and Speech Technology Applications
DOI:
10.1080/10118063.2000.9724562
Abstract
Hierdie artikel stel 'n lopende navorsings- en ontwikkelingsprojek in die veld van Menslike Taaltegnologie bekend, waarin daar op vyf van die amptelike tale van Suid-Afrika gefokus word. Die basiese komponente van 'n outomatiese informasieherwinningsisteem word uiteengesit met besondere verwysing na die tipes spraakdatabasisse wat in die Suid-Afrikaanse konteks ontwikkel moet word. Die posisie van Swart Suid-Afrikaanse Engels (SSAE) word bespreek en 'n eksperiment word beskryf waarin die outomatiese spraakherkenningsukses van twee vorme van SSAE bepaal word deur van intydse tegnologie gebruik te maak. Daar word geargumenteer dat die verkryging van SSAE-spraakdatabasisse nie net essensieel is vir tegnologieontwikkeling nie, maar ook 'n bydrae kan lewer tot die debat oor die moontlike bestaan van vorme van SSAE wat aan verskillende eerstetale gebonde is.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics