Original Articles
There’s life on the edge of the ism1
DOI:
10.1080/10118063.1989.9724438
Author(s):
N.J. GrieshaberDepartment of Afrikaans and Dutch, Republic of South Africa,
Abstract
Dit is goed bekend dat daar probleme ondervind kan word waar tekste gevalle van woordspel en/of idiomatiese uitdrukkings bevat. In hierdie artikel ondersoek ek die uitdagings wat kan ontstaan by die vertaling van 'n besondere soort ‘woordspel’ wat ek ‘metaforiese uitbreiding’ noem, en waarby elemente vanaf enkele woorde deur tot hele paragrawe en selfs illustrasies betrokke kan wees. Die kern ‘probleem’ is dat dit merendeels onmoontlik is om 'n ‘direkte’ vertaling te vermy. Die onderwerp word dan binne 'n breer konteks geplaas, veral met verwysing na die 1986–88-werk van B.C. Donaldson oor die invloed van Engels op Afrikaans en die (beweerde?) aard van die Afrikaanse spraakgemeenskap, met die oog daarop om die regverdiging vir, en/of raadsaamheid van, ‘direkte’ vertalings tussen Engels en Afrikaans te probeer evalueer. Enkele voorstelle vir verdere navorsing word aan die hand gedoen.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics