Original Articles
Spraakverwerking en linguistiese verklarings
DOI:
10.1080/10118063.1989.9723803
Author(s):
J.C. RouxDepartement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Aspekte van elektroniese spraakverwerking en die rol wat dit kan speel in die aanbieding van verklarings vir problematiese linguisties-fonetiese verskynsels word aan die orde gestel. Die invloed van die tegnologie op die totstandkoming van byvoorbeeld die distinktiewe kenmerkteorie word bespreek. Opmerkings word gemaak oor die aard en omvang van spraakprosessering in die Suider-Afrikaanse konteks en die belangrikheid van plaaslike ontwikkelingswerk word beklemtoon. 'n Spesifieke verskynsel rakende die vervanging van ingressiewe suigklanke met egressiewe stopklanke word voorgehou. Hierdie verskynsel word aangetref in die verwerwingsproses van 'n Ngunitaal asook by die uitspraak van vreemde klanke deur byvoorbeeld Afrikaanssprekendes. Data verkry deur akoestiese analises, sowel as deur spraaksintese word aangebied in 'n poging om 'n verklaring vir die betrokke verskynsel aan te bied. Daar word onder andere ook daarop gewys dat die linguistiek 'n toenemende belangrike rol gaan speel op die gebied van spraaktegnologie.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics