Original Articles

Computer hyphenation of Afrikaans

DOI: 10.1080/10118063.1989.9723791
Author(s): Q.H. GeeComputer Science Department, Republic of South Africa,
Keywords: ,

Abstract

Wanneer getikte teks nie in ′n reël pas nie, is dit nodig om die laaste woord in die reel korrek te verdeel. Waar hierdie funksie deur ′n rekenaarprogram beheer word, moet ′n program van ′n stel reels in die besondere taal voorsien word. Afrikaanse taalkundige reëls vir lettergreepverdeling soos ‘verdeel tussen twee betekenisvolle komponente’ kan nie deur rekenaars gebruik word sonder om die uitspraak en betekenis van woorde te enkodeer nie. Waar deurlopende teks geprosesseer word, byvoorbeeld in woordverwerking of setwerk, is so ′n benadering ingewikkeld en onnodig. Ons het reels nodig wat betrekking het op die ortografie, byvoorbeeld: ‘verdeel altyd tussen dubbele konsonante’, maar ook hier is onvermydelike uitsonderinge. Een benadering tot die verskaffing van lettergreepfeite aan rekenaarprogramme is om ′n Afrikaanse woordeboek, met die lettergreepverdelings daarin aangebring, in sy geheel te stoor. Alhoewel hierdie benadering sorg dat alle gewone woorde so geakkommodeer kan word, kan dit nie dien as ′n algemene oplossing nie, want nuwe samestellings wat geskep word, sal probleme veroorsaak. So ′n woordeboek is ′n te duur benadering om tans vir persoonlike rekenaars te ondemeem. ′n Algoritmiese oplossing, met ′n woordeboek wat uitsonderings en spesiale gevalle, soos leenwoorde en eiename bevat, is verkieslik. Die ortografiese vorme van lettergrepe in Afrikaans word omskrywe en lettergrepe word geanaliseer ten einde lettergreepgrense en veelvoudige voor-en agtervoegsels te herken. Laasgenoemde drie elemente word gekombineer in ′n rekenaarprosedure om posisies van lettergreepverdelings in ′n woord te bepaal. Woorde wat nie hierdie reels volg nie, word in interne lyste gekodeer. Voorbeelde van toepassings op sowel ′n woordelys as ′n aaneenlopende teks word gegee.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics