Original Articles

Role of language professions in the information society

DOI: 10.1080/10118063.1989.9723790
Author(s): A.D. de V. CluverDepartment of Linguistics, Republic of South Africa,
Keywords: ,

Abstract

Veranderings in die onderliggende wetenskapsfilosofie asook veranderings in die samelewing en die basiese kragte wat samelewings voortdryf, het ′n sterk effek op die doelwitte en dus ook op die metodes van die lede van die taalprofessies gehad. Die fokus het verskuif van die struktuur van taal na sy funksie as draer en klassifiseerder van inligting en die rekenaar het ′n basiese gereedskapstuk in hierdie nuwe samelewing geword. Die uitwerking van hierdie veranderings op een van die taalprofessies, naamlik dié van die leksikograaf, word ondersoek. Byvoorbeeld, moderne woordeboeke word as inligtingsbanke eerder as spellingkontrolleerders gebruik. Die rekenaar het die metodes van die leksikograaf verander asook die soort dienste wat hy kan aanbied. Hierdie veranderings sal lede van die taalprofessies nader aan mekaar laat beweeg en die rekenaar sal die netwerke vir direkte interaksie daarstel.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics