Original Articles
Fonologiese sisteme van Afrikaans en Tsonga: ′n Vergelyking
DOI:
10.1080/10118063.1989.9723787
Author(s):
E.B. van WykDepartement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika, F.F. OdendalDepartement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika, N.L. NkatiniDepartement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Die fonetiese ontleding en beskrywing van die ‘aksent’ waarmee ′n taal deur sprekers met ′n vreemde moe-dertaal gepraat word, is betreklik moeilik. In hierdie studie word die fonologiese sisteme van Afrikaans en Tsonga vergelyk met die oog daarop om vas te stel watter aspekte van die fonetiek en fonologie van Afrikaans vir die Tsonga-moedertaalspreker problematies kan wees en watter verskynsels kan bydra tot uitspraakver-steurings. Daar word bevind dat die vokaalsisteem van Tsonga aansienlik eenvoudiger as dié van Afrikaans is en dat versteurings veral kan voorkom in die geval van geronde voorvokale, sentrale vokale, genasaleerde vokale, diftonge en harde klinkeraanset. Omgekeerd is die konsonantsisteem van Afrikaans eenvoudiger as dié van Tsonga en versteurings sal waarskynlik beperk wees tot stemlose eksplosiewe en die foneme /c/ en moontlik /x/. Die sillabestrukture van die twee tale en die bowesegmentele sisteme verskil egter ingrypend van mekaar, en daar kan dus verwag word dat versteurings op ′n groot skaal in hierdie areas sal voorkom.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics