Original Articles
Ontwikkeling van klusters op sluitklanke in Afrikaans
DOI:
10.1080/10118063.1989.9723783
Author(s):
F.A. PonelisDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
T-apokopee, soos in lig < ligt, (hy) loop < loopt en gemaak < gemaakt, is ′n kenmerk van Afrikaans-Hollands. Die geografiese verspreiding van die verskynsel op die Nederlandse taalgebied het sedert die sewentiende eeu verander, en die toestand in Afrikaans-Hollands moet in vroeer dialektiese verband beskryf word. Naas die dialektiese verspreiding moet ook ander faktore in berekening gebring word, by name algemene sluit-klankapokopee in byvoorbeeld hem ‘hemp’ en wil ‘wild’, wat uit die vernekulere Afrikaans-Hollands van Ma-leissprekende interleksprekers versterkend op t-apokopee ingewerk het.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics