Original Articles

DIE KLANKSISTEEM VAN VANDERMERWEAFRIKAANS

DOI: 10.1080/10118063.1987.9724285
Author(s): D.P. WissingDept. Afrikaans en Nederlands, ,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel word die hipotese dat Vandermerwe-Afrikaans, wat tans nog in die noorde van Kaokoland (Namibië/Suidwes-Afrika) gepraat word, wat betref die klanksisteem daarvan 'n chronolek van moderne Afrikaans is. Dit kom daarop neer dat hulle vandag nog die Afrikaans van ruim 'n eeu gelede gebruik, of, anders gestel, dat hulle Afrikaans wat die klankstelsel daarvan betref nie noemenswaardig verander het nie. As dit so sou wees, beteken dit dat ons 'n skat van ou gesproke Afrikaans in die vorm van bandopnames tot ons beskikking het.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics