Original Articles

IS ‘FAIRLY’ REDELIK? 'n POLISEMIEGEVALLESTUDIE

DOI: 10.1080/10118063.1987.9724283
Author(s): A.F. Prinsloo, ,
Keywords: ,

Abstract

Artikel 286(3) van die Maatskappywet (Wet 61 van 1973) bepaal dat die finansiële state van 'n maatskappy die finansiële stand van sake ‘redelik’ moet weergee (Engels: ‘fairly present’). 'n Polemiek het om hierdie vertaling ontstaan deurdat 'n aantal geoktrooieerde rekenmeesters reasonably as dominante vertaalekwivalent van redelik beskou, en nie fairly nie. Billik word as vertaalekwivalent verkies. 'n Navraag wat in dié verband aan die WAT gerig is, het die gekoördineerdheid en die rangskikking van poliseme in woordeboeke onder die loep laat kom. In dié referaat word hierdie twee aspekte, en 'n teorie oor die kwantifisering van polisemie, bespreek. 'n Polisemie-indeks (PI) word bepaal met 'n teoretiese boonste grens van 1,0 vir vakterme as die vertrekpunt. Die poliseme redelik en billik word hieraan gemeet en die moontlike nut van die PI vir die leksikografie aangedui.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics