Original Articles
'N VROEë POGING TOT TAALKORPUSBEPLANNING IN AFRIKAANS
DOI:
10.1080/10118063.1987.9724264
Abstract
Die amptelike erkenning van Afrikaans in 1925 is nie met eweveel geesdrif deur alle Afrikaners ontvang nie. Sommige, soos die eertydse taalstryder Gustav Preller, het gemeen dat die erkenning te gou gekom het en dat die taal nog nie behoorlik gestandaardiseer was nie. Preller en enkele ander Transvaalse skrywers en joernaliste was ten gunste van 'n spelling wat nouer by die Nederlandse aangesluit het. Hulle wou ook die imperfektum in die skryftaal herstel. Die argumente wat Preller, Jochem en Bruggen, S.P. Engelbrecht en Eugène Marais vir die behoud van die imperfektum aangevoer het, word hier uiteengesit en vervolgens word daar bespiegel oor waarom dië taalhervormingspoging misluk het.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics