Original Articles

VERTELLINGSEILANDE IN DIE STRUKTUUR VAN MONDELINGE VERTELLING

DOI: 10.1080/10118063.1986.9724414
Author(s): S., M.C. PRINSLOO, ,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel word kortliks 'n uiteensetting gegee van die struktuuranalise van 'n mondelinge vertelling aan die hand van die Labovmetode. Na aanleiding van die elemente wat onderskei word, ontstaan vertellingseilande, dit wil Sê bepaalde gebiede waarbinne die vrye clause vrylik verskuifbaar is. Alhoewel dit teoreties moontlik is om die vrye clause na enige plek in die vertelling te verskuif sonder dat dit enige invloed op die tydsgang van die vertelling sal hê, word met behulp van 'n voorbeeld aangetoon dat die vrye clause slegs binne die vertellingseilande verskuifbaar is aangesien dit semanties en anafories aan hierdie eilande gebonde is en nie vrylik verskuifbaar is na enige plek in die vertelling nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics