Original Articles
Semantics of Relative Sentences In Ancient Greek
DOI:
10.1080/10118063.1986.9724413
Abstract
Grammatikas klassifiseer die relatiewe sin in Oud-Grieks semanties o.g.v. kenmerke soos bepaaldheid: onbepaaldheid, oorsaak. doel, toegewing en gevolg. Hierdie indeling kontrasteer skerp met die van grammatikas oor Engels en talle ander moderne tale, waar 'n binêre klassifikasie in “beperkende” en “nie-beperkende” tipes normaalweg gemaak word. In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die vraag of Oud-Grieks werklik in so 'n mate van hierdie moderne tale verskil. Die gevolgtrekking waartoe gekom word is dat die klassifikasie van grammatikas oor Antieke Grieks in hoë mate deur pragmatiese oorwegings beïnvloed is, en dat 'n binêre sisteem. Soortgelyk aan die in talle moderne tale, ook in Oud-Grieks voorkom.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics